Gondar ጎንደር | |
---|---|
'n Uitsig oor Gondar | |
Koördinate: 12°36′00″N 37°28′00″O / 12.60000°N 37.46667°O | |
Land | Ethiopië |
Streek | Amhara-streek |
Oppervlak | |
• Totaal | 209,27 km2 (80,80 vk. myl) |
Hoogte | 2 133 m (6 988 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 358 257 |
• Digtheid | 1 700/km2 (4 400/vk. myl) |
Tydsone | UTC+03:00 (OAT) |
Gondar of Gonder (Amharies: ጎንደር?, Gonder of Gondär; voorheen ጐንደር, Gʷandar of Gʷender) is ’n stad en afsonderlike woreda (distrik) in Ethiopië. Dis geleë in die Semien-Gondar-sone van die Amhara-streek, noord van die Tanameer aan die Klein Angerebrivier en suidwes van die Simiengebergte, 2 133 meter bo seespieël. Die stad word geheel en al omring deur die Gondar-Zuria-distrik.
Gondar was in die outyd die hoofstad van sowel die Ethiopiese Ryk as die daaropvolgende Begemder-provinsie. Die stad is die tuiste van etlike koninklike kastele, onder meer dié in die koninklike kompleks (Fasil Ghebbi), wat aan Gondar die eretitel “Camelot van Afrika” besorg.